

Gespesialiseerde afrigting, geleenthede en oNtwikkeling van die individuele krieketspeler
Menlotrots

Ons 1ste XI krieketspan word gekroon as die finsbury-kampioene van 2026.

engeland-toer 2025


Baie geluk aan Jan-Willem pienaar(o.16) en wihan spanneberg(o.17) wat in die titans-spanne ingesluit was desember 2025.
AFRIGTING
Krieket by Die Hoërskool Menlopark het sedert sy stigting vele hoogtepunte bereik en ‘n standaard van uitnemendheid gevestig. ‘n Opwindende krieketkultuur, gebou op 'n fondasie van sterk waardes, dissipline en goeie krieketetiket word gehandhaaf. In die proses het ons krieket ‘n ongekende groei in getalle, gerugsteun deur moderne tegnologie en topafrigters, getoon.
Die span-afrigters rig tans 120 krieketspelers af. Die benadering is om elke kind te help ontwikkel en geleenthede te gee, maar ook om talentvolle spelers verder te ontwikkel. Verdere blootstelling sluit jaarlikse binne- en buitelandse toere vir alle junior- en seniorspanne in. Geleenthede word ook aan geselekteerde individuele spelers gebied om oorsee te speel.

TOERE EN ADDISIONELE BLOOTSTELLING
-
o. 14’s: Jaarlikse binnelandtoere asook die Shuan Pollock krieketfees in Durban.
-
o. 15’s: Jaarlikse toer na Kaapstad vir ons tradisionele bepalings teen Wynberg, Rondebosch, Paul Roos, Bishops, SACS en Paarl Boys’ High.
-
1ste XI: Jaarlikse deelname aan die Grey PE krieketfees.
-
Die krieket toer was weer vanjaar na Engeland toe met 4 spanne.
-
Die Hoërskool Menlopark is betrokke by ‘n uitruilskema met klubs in Engeland en Ierland, waar graad 10 spelers die geleentheid kan kry om vir 3 maande in die winterperiode te gaan klubkrieket speel.

FASILITEITE
Volledig-toegerusde klubhuis asook binneshuise nette, ‘n besprekingslokaal/lesinglokaal, 8 sintetiese nette, 14 turfblaaie, spreiligte, elektroniese telbord en 'n oudiovisuele kamer.




Menlo-Krieket
NASIONALE T20-WENNERS IN 2010!
NASIONALE T20-WENNERS IN 2015!
NOORD-SUID T20-WENNERS IN 2018!
NOORD-SUID T20-naasWENNERS IN 2019!
Menlo spog tans met ses Proteas, naamlik:
Heinrich Klaasen,
Theunis de Bruyn,
Rassie van der Dussen,
Jacques snyman, delmi tucker en Suné Luus!



FRANCHISE-SPELERS
Steve stolk
(johannesburg super kings)
Heinrich Klaasen
(durban super giants)
Rassie van der Dussen
(mi cape town)
Samuel Mofokeng
(Titans en Knights)
(Dolphins o19 afrigter)
Theunis de Bruyn
(Titans en Knights)
Ernest Kemm
(Easterns)
Uwe Birkenstock
(Knights)
Jacques Snyman
(mi cape town)
Suné Luus
(Titans)
delmi tucker
(Western Province)
steve stolk, Samuel Mofokeng, Regardt Verster, Dean Foxcroft en Christiaan Daniels is die afgelope paar jaar vir die Suid-Afrikaanse o.19-span gekies.
Dean Foxcroft het onlangs sy buiging vir nieu-seeland gemaak.
Menlo-krieket met trots geborg deur
besigheidsure
Ma-Vr: 06:00 tot 18:00
Sa: 07:00 tot 12:00
So: Gesluit
kontak ons
ADRES:
412 Atterburyweg, Menlo Park, Pretoria, 0081
KRIEKET E-POS:
petrus.coetzee@menlopark.co.za
SKOOL WEBTUISTE:

